Oes die Stof (Afrikaans Edition)

 
9781511955126: Oes die Stof (Afrikaans Edition)

OES DIE STOF Al gewonder oor een man en ‘n duisend vroue? Lees ANNICO Van VUUREN se aangrypende verhaal OES DIE STOF oor die mens, Didi – wyse koning Salomo van die Bybel: Dis ‘n MOET vir alle lesers. Sou ongehoord talryke vroue dalk ’n sinlike orgie in die verhaal uitspel? Maar dan het u sekerlik van Salomo se wysheid vergeet? Anti-geweld wat gedurende sy ryk seëvier? Dat hy in die bestek van veertig jaar ‘n nomadiese herdersvolkie tot ‘n wêreld moondheid kon verhef? In OES DIE STOF word Salomo se positiewe boodskap deur Annico uitgespel: Hy word koning, verwerf beroemdheid, sukses, rykdom – WYSHEID: Vir hom bly dit net ‘n gejaag na wind. Wat hóm – en ons ander ook? – na voleinding deurdra, is om elke folterende dag na méér as materiële gewin te reik: Van STOF na STERRE. Om Didi se storie te wil skryf, is van kleintyd af ANNICO VAN VUUREN se droom. Al weet sy ook in daardie droomhart dat die “storie” die suiwere waarheid is. Tog, hoe durf ‘n skrywer in só ‘n man se gemoed wil inklim? Sy oefen op ander stories... Eers na haar sewentigste verjaardag moes sy besef haar uurglas is aan’t uitloop. Dis nou nege en ‘n half jaar later. Lesers, kom loop hierdie aangrypende loop saam met Annico en luister na talle stemme uit Salomo se lewe – ook na hare, in die epiloog. Die diepere waarheid in Oes die Stof ingewerk: Salomo verkry die koningskap, beroemdheid, sukses en rykdom – wysheid maar vir hom soos maar in die ganse mensdom se geval blyk dit alles net ‘n gejaag na wind te wees Salomo – en die mens – se enigste ware verlossende lewenskeuse? Hy wat daarin slaag om dag na folterende dag na méér as blote materiële gewin te reik: is die triomfantlike veroweraar van lewe.

"synopsis" may belong to another edition of this title.

(No Available Copies)

Search Books:



Create a Want

If you know the book but cannot find it on AbeBooks, we can automatically search for it on your behalf as new inventory is added. If it is added to AbeBooks by one of our member booksellers, we will notify you!

Create a Want