Burgers En Amptenare: Boek 4: Die Vroee Ontwikkeling Van Die Kolonie Aan Die Kaap, 1662-1679 (Afrikaans Edition)

5 avg rating
( 3 ratings by Goodreads )
 
9781869192723: Burgers En Amptenare: Boek 4: Die Vroee Ontwikkeling Van Die Kolonie Aan Die Kaap, 1662-1679 (Afrikaans Edition)
View all copies of this ISBN edition:
 
 

Burgers en amptenare is die vierde van vyf boeke oor vroeeblanke vestiging aan die Kaap. Hier word die vestigingsjare van die Nederlandse kolonie aan die Kaap beskryf. Die kommandeurs wat op Jan van Riebeeck gevolg het, staan in sy skadu en kry gewoonlik nie baie aandag in die geskiedenisboeke nie. In die eerste hoofstukke van hierdie boek val die kollig egter op Zacharias Wagenaer, Cornelius van Quaelberg, Isband Goske en Joan Bax en hulle span VOC-amptenare. In die laaste deel van die boek kom die uitbreiding van die blanke nedersetting na die binneland en die totstandkoming van 'n las gegoede en gevestigde vryburgers, onder die aandag. Die eerste vryburgers het mense ingesluit soos Steven Jansz Botma, W.C. Mostaert en die Duitser Jacob Cloete, wie se nasate vandag bekende Afrikaanse families vorm. Schoeman beskryf hoe hierdie vryburgers naas hulle boerderybedrywighede ook ander klein ondernemings begin het, soos taphuise, steenmakery en kleremakery. Aan die hand van boedelinventarisse word nagegaan hoe party van die eens arm vryburgers geleidelik meer grond, vee, implemente en meubels kon bekom, 'n aanduiding van die toenemende welvaart van wat sou uitgroei tot 'n Kaapse elite.

"synopsis" may belong to another edition of this title.

(No Available Copies)

Search Books:



Create a Want

If you know the book but cannot find it on AbeBooks, we can automatically search for it on your behalf as new inventory is added. If it is added to AbeBooks by one of our member booksellers, we will notify you!

Create a Want