Erdvarkfontein - Softcover

Tom Dreyer

  • 3.67 out of 5 stars
    9 ratings by Goodreads
 
9780624036708: Erdvarkfontein

Synopsis

Erdvarkfontein is 'n dorpie onder die steekson van die Kalahari. Goed en boos is hier in 'n verbete stryd gewikkel, terwyl intriges soos stofduiwels dans:

Wanneer twee skuimbolle sersant Springbok Bergman in 'n kleinhuisie betrap, volg 'n orgie van geweld waarin selfs sy troetelvark, Heimi, die spit afbyt. 'n Honderesies en 'n paar slinkse misdadigers se poging om uit die tronk te ontsnap, lei eweneens tot vuurwerke. 'n Idealistiese jong man, Migiel, en sy geliefkoosde hoender, Clutchkop, neem die wêreld op horings tydens 'n besoek aan 'n rare nagklub, Die Magneet. En einste Migiel raak betrokke by 'n ongewone bankroof op Upington ...

Kleurryke karakters spruit welig uit hierdie dorre wêreld. Daar is die eksentrieke komkommerboer Noag, en sy gestremde voorman, Henry, wie se vreedsame leefwyse versteur word deur die koms van die tert Tara - 'n smeulende vrou wat ken van mans verlei, likkewane braai en blink steentjies smokkel. Teenoor die diepsinnige Simon Finkel is daar die aartskonkelaar Vet Zet wat graag in 'n waterbed klim saam met sy luislang, Desire, en een van talle minnaresse. En om al die onheilighede te probeer hokslaan, is daar sersant Grunter Hölz, wat Afrikaans én Duits radbraak en die gereg se naam krater maak.

Vreemde dinge gebeur met 'n rasende vaart, en bou onstuitbaar op na 'n klimaks: 'n wilde geveg by 'n Musiekfees, waarin haas almal met oorgawe vuiste swaai en lood laat sing.

Erdvarkfontein> is 'n óóp roman met filmiese aksie. Bloedig snaaks en onvoorspelbaar, dié debuut van Tom Dreyer, vanjaar se M-Net-beurswenner vir Skeppende Skryfwerk.

(flapteks)

"synopsis" may belong to another edition of this title.