Jannie Putter studeer aan die Noordwes-Universiteit en verwerf sy BA-graad in 1987, sy honneursgraad in Sielkunde in 1988 en sy honneursgraad in Sportwetenskap in 1989. Hy voltooi sy meestersgraad in Sportsielkunde in 1994. Hy is 'n voormalige provinsiale en nasionale rugbyspeler (deel van die Springbok-proewe-groep in 1992). Hy speel vir die SA Barbarian-span vir 2 jaar.
Jannie is in 1994 met Tertia (’n biokinetikus) getroud en hulle het twee kinders - 'n seun Victor en 'n dogter Danielle.
Jannie was van 2006 tot 2010 “mental coach” van die Blou Bulle rugbyspan. Hy word die Mental Coach van die Goue Leeus rugbyspan in 2015. Hy is deel van die groep vir 'n besondere 5 seisoene waartydens hulle die Curriebeker-kampioene is in 2015 en in 2016, 2017 en 2018 vorder hulle (3 jaar in 'n ry) tot in die finaal van die Super-rugby-kompetisie. 'n Ongekende prestasie vir 'n Suid-Afrikaanse span.
Jannie is 'n gereelde spreker op radio en televisie en hy is bekend as een van die voorste Sportsielkundiges in Suid-Afrika.
Hy is ook 'n gesogte motiveringspreker en het buiten sy 6 publikasies ook 'n paar uitstaande video-reekse ontwikkel wat handel oor familie-bou, span-bou en "mental toughness".
http://www.jannieputter.co.za/